Suid-Afrikaanse plantkundige From Wikipedia, the free encyclopedia
Miriam Phoebe de Vos (26 November 1912, Zastron - 2005, Stellenbosch) was 'n vooraanstaande Suid-Afrikaanse plantkundige en akademikus.[1] Sy was 'n kenner van bolgewasse, veral Romulea. Sy het ook 'n spesiale belangstelling getoon in Moraea en Clivia.
Miriam Phoebe de Vos | |
Gebore | 26 November 1912 Zastron, Oranje-Vrystaat |
---|---|
Oorlede | 2005 Stellenbosch |
Vakgebied | Plantkunde |
Instelling(s) | Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut |
Alma mater | Universiteit Stellenbosch Universiteit van Kaapstad |
Bekend vir | Plantkunde, Romulea |
Sy het aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en haar BSc (cum laude) en MSc (cum laude) behaal. Sy het vanaf 1939 'n juniorlektorspos aan die Universiteit van Kaapstad beklee.[2]
Sy het haar DSc in plantkunde in 1940 aan die Universiteit van Stellenbosch behaal met die proefskrif "A cytological study on South African genera of the Aizoaceae and the Proteacea" (" 'n Sitologiese studie oor die Suid-Afrikaanse genera van die Aizoaceae en Proteacea").[3] In 1941 het sy by die Departement Plantkunde aan die Universiteit van Stellenbosch aangesluit. Sy het lesings gegee in sitologie, embriologie, anatomie en biosistematiek.[2] Haar belangrikste belangstellings was sitotaksonomie en embriologie, veral van Iridaceae.[3]
Die sitologie van die Proteaceae en die Aizoaceae asook die embriologie van verskeie genera was haar eerste navorsingsbydraes, gevolg deur die taksonomie van Iridaceae. In 1972 het die Joernaal van Suid-Afrikaanse Plantkunde haar morfologie en taksonomie van die genus Romulea gepubliseer. Romulea elliptica M.P. de Vos is in 1972 geïdentifiseer en teen 1980 het dit 'n kwesbare spesie geword. In 2012 was dit 'n bedreigde spesie.[4]
Sy het in 1977 afgetree en daarna nege wetenskaplike referate gepubliseer (uit 'n totaal van 37). Dit sluit in hersienings van Chasmanthe, Crocosmia, Ixia en Tritonia. Sy het ook gehelp met die samestelling van Flora van Namakwaland.[2]
Die standaardskrywerafkorting M.P.de Vos word gebruik om haar as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.