Spesie van die stompies From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Rooistompie (Mimetes cucullatus) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Mimetes behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en die Oos-Kaap en kom voor vanaf Citrusdal, die Koue Bokkeveldberge tot Kogelberg, Kaapse Skiereiland, deur die Elimvlakte, Potberg, Caledon, Swartberg, Riviersonderendberge, oostelike Langeberg, Outeniekwaberge tot by die Kougaberge en Rooiberg. Dit is die mees verspreide van al die stompies. Die struik het multistamme en word 2 m hoog. Die struik blom regdeur die jaar met die hoogtepunt van Augustus tot Maart.
Rooistompie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | M. cucullatus |
Binomiale naam | |
Mimetes cucullatus | |
Sinonieme | |
|
Die plant spruit weer uit na 'n brand. Twee tot ses maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is tweeslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sanderige grond op hoogtes van 0-1 200 m.
In Engels staan dit as die Common Pagoda bekend.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.