From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Mikojan-Goerewitsj MiG-15 (Russies: Микоян и Гуревич МиГ-15) is 'n straalvegvliegtuig ontwikkel deur die Mikojan-Goerewitsj Ontwerpburo in Moskou vir die Sowjetlugmag. Die MiG-15 was een van die eerste suksesvolle swiepvlerkstraalvegters, en het bekendheid verwerf in die lugruim oor Korea, waar dit reeds vroeg in die oorlog al die reguitvlerkvegters van sy vyande, soos die Amerikaanse P-80 Shooting Star, uitoorlê het.
MiG-15 "Fagot" | |
---|---|
'n Historiese Sowjetlugmag MiG-15UTI tweesitplekopleier by die Duxford-lugfees in 2017 | |
Tipe | Straalvegter |
Vervaardiger | Mikojan |
Ontwerp deur | Artem Mikojan |
Nooiensvlug | 30 Desember 1947 |
Vrygestel | 1949 |
Status | Opleiers in diens |
Hoofgebruikers | Sowjetlugmag (histories) Lugmag van die Volksbevrydingsleër (histories) Koreaanse Volkslugmag (tans) en nog 40 meer |
Aantal gebou | ~12,000 in die Sowjetunie en ~6,000 elders onder lisensie |
In verslae van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) was na die MiG-15 as die Fagot verwys. Die vliegtuig is sedertdien onttrek aan Russiese diens en is vervang met die MiG-17.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.