From Wikipedia, the free encyclopedia
Messier 77 of M77 (ook bekend as onder meer Cetus A en NGC 1068) is ’n staaf-spiraalsterrestelsel sowat 47 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Walvis. Dit is in 1780 deur Pierre Méchain ontdek en hy het dit as ’n newel beskryf. Charles Messier het dit daarna in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.[1] Beide Messier en William Herschel het dit as ’n sterreswerm beskryf,[1] maar dit is vandag bekend dat dit ’n sterrestelsel is.
Messier 77 | ||||
Foto deur die Hubble-ruimteteleskoop. | ||||
Soort stelsel | Staaf-spiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Walvis | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 02h 42m 40,7s | |||
Deklinasie | -00º 00' 48" | |||
Skynmagnitude | 9,6 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 47 miljoen | |||
Skynbare grootte | 7,1 x 6 boogminute | |||
Ander name | M77, Cetus A, NGC 1068, UGC 2188, PGC 10266, Arp 37 | |||
|
Messier 77 is ’n aktiewe sterrestelsel (’n stelsel met ’n besonder helder kern). Dit het ’n deursnee van sowat 170 000 ligjare. Dit is geïdentifiseer as die X-straalbron 1H 0244+001 in die Walvis.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.