From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Mercedes-Benz M273 is 'n V8-enjinfamilie wat in die 2000-dekade gebruik is. Dit is gebaseer op die soortgelyke M272 V6-enjin wat in 2004 bekendgestel is.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Mercedes-Benz |
Produksietyd | 2006–2013 |
Konfigurasie | Natuurlike lugvloei 90° V8 |
Afmetings | |
Inhoudsmaat | 4,7 L (4 663 cc) 5,5 L (5 461 cc) |
Boorwydte | 92,9 mm 98 mm |
Slaglengte | 86 mm 90,5 mm |
Blok | Aluminium |
Kopstuk | Aluminium |
Stelsels | |
Klepwerking | DOHC 4 kleppe per silinder met deurlopende VVT |
Brandstoftipe | Petrol |
Brandstofstelsel | Sekwensiële brandstofinspuiting |
Verkoelingstelsel | Waterverkoel |
Enjinlewering | |
Kraglewering | 250–285 kW (335–382 hp) |
Wringkrag | 460–530 Nm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Mercedes-Benz M113 |
Opvolger | Mercedes-Benz M278 |
Die enjin is 'n evolusie van die M113 V8,[1] en alle M273s het aluminium-enjin blokke, sekwensiële brandstofinspuiting, gesmeede staal suierstange, 'n een-stuk gegote nokas, en 'n magnesium inlaatspruitstuk. Die silinders is gevoer met silikon/aluminium en 'n dubbele lengte verstelbare lengte inlaatspruitstuk is aangebring.
Daarbenewens bevat dit nuwe eienskappe wat met die M272 gedeel word, soos DOHC aluminium silinderkoppe, 4 kleppe per silinder en onafhanklike deurlopend-veranderlike kleptydreëling aan beide die inlaat- en uitlaatkante. 'n Nuwe elektroniesbeheerde verkoelingstelsel het die behoefte aan 'n meganiese termostaat uitgeskakel vir verbeterde enjinopwarming en optimale beheer van enjintemperatuur.
Die E47 is 'n 4,7 L (4 663 cc) weergawe. Boor en slag is 92,9 mm × 86 mm. Kraglewering is 250 kW (335 hp) teen 6000 opm met 460 Nm se wringkrag teen 2700–5000 opm.
Die E55 is 'n 5,5 L (5 461 cc) weergawe. Boor en slag is vergroot tot 98 x 90,5 mm. Kraglewering is 285 kW (382 hp) teen 6000 opm met 530 Nm se wringkrag teen 2800–4800 opm.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.