Magnus Malan

From Wikipedia, the free encyclopedia

Generaal Magnus André De Merindol Malan (30 Januarie 193018 Julie 2011) was 'n voormalige Minister van Verdediging in die Kabinet van P.W. Botha, hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en hoof van die Suid-Afrikaanse Leër.[1]

Kitsfeite President, Voorafgegaan deur ...
Magnus Malan

Ampstermyn
1980  1991
President P.W. Botha
Voorafgegaan deur P.W. Botha
Opgevolg deur Roelf Meyer

Persoonlike besonderhede
Gebore 30 Januarie 1930
Pretoria, Unie van Suid-Afrika
Sterf 18 Junie 2011 (op 81)
Durbanville in Kaapstad
Politieke party Nasionale Party
Eggenoot/-note Magrietha Johanna van der Walt
Kind(ers) 2 seuns, 1 dogter
Alma mater Universiteit van Pretoria
Religie N.G. Kerk

Militêre Diens
Lojaliteit Suid-Afrika
Diens/Tak Suid-Afrikaanse Vloot
Suid-Afrikaanse Leër
Jare in diens 1950 1980
Rang Generaal
Oorloë/Veldslae Operasie Savannah
Toekennings Ster van Suid-Afrika
Orde van Voortreflike Diens
Suiderkruisdekorasie
Suiderkruismedalje

Orde van die Ster van Suid-Afrika (Militêr) SSAG Southern Cross Decoration SD Southern Cross Medal SM Pro Patria Medal (South Africa) ' Good Service Medal ' Good Service Medal ' Permanent Force Good Service Medal '

Sluit

Biografie

Malan is op 30 Januarie 1930 in Pretoria gebore en in 1962 met Margot van der Walt getroud.

Hy is in 1973 as die hoof van die Suid-Afrikaanse Leër aangestel en drie jaar later as die hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag. As hoof van die Weermag implementeer hy verskeie administratiewe veranderinge waarvoor hy respek verdien. Gedurende die tyd raak hy bevriend met P.W. Botha, toe die Minister van Verdediging en later die Eerste Minister.

In Oktober 1980 stel Botha hom aan as die Minister van Verdediging, 'n pos wat hy tot 1991 beklee het. Op 3 Februarie 1993 kondig hy sy uittrede uit die parlement aan.

Hy is op 18 Julie 2011 in sy huis in Durbanville in Kaapstad weens hartversaking oorlede. Hy laat sy vrou, twee seuns, 'n dogter en nege kleinkinders agter.[2] Sy as word in die gedenkmuur by die Voortrekkermonument bewaar.[3]

Toekennings


Malan is bekroon met die volgende toekennings en dekorasies:

  • Thumb Orde van die Ster van Suid-Afrika (Militêr) (Goud) (SSAG) [lower-alpha 1]
  • Thumb Order for Meritorious Service (Gold) (OMSG)
  • Thumb Southern Cross Decoration (SD)
  • Thumb Southern Cross Medal (1952) (SM)
  • Thumb Pro Patria Medal (South Africa) (with Cunene Clasp)
  • Thumb Good Service Medal (Gold (30 Years))
  • Thumb Good Service Medal (Silver (20 Years))
  • Thumb Permanent Force Good Service Medal


Notas

  1. Vir voortreflike militêre diens deur opperoffisiere. 'n Goue malteserkruis, blou geëmailleerd, met proteablomme tussen die arms en 'n agtpuntige ster op die oppervlakte. Dit hang aan 'n blou halslint; by seremoniële geleenthede word die kenteken aan 'n goue ketting gehang. Daar is ook 'n agtpuntige borsster met die kenteken daarop


Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.