Maanrand
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die maanrand is die rand van die sigbare oppervlak van die Maan soos van die Aarde af gesien.[1] Van ver af lyk dit soos 'n ronde boog, maar teen hoër resolusies kan gesien word die Maan se oppervlak is nie plat nie en daarom is die maanrand onreëlmatig.
Die maanrand is nie altyd dieselfde nie: Vanweë die librasie van die Maan (ronde rotasiebewegings soos van die Aarde af gesien) verander dit. Dit bemoeilik die taak om die tye en duurtes van verduisterings presies te bereken.[2] Met hoogtedata wat van die kartering van die maanoppervlak verkry word, kan 'n 3D-model, insluitende berge en valleie, geskep word en die maanprofiel vir enige gegewe tyd met groot akkuraatheid voorspel word.[3]
Die kontras tussen die helder maanrand en die swart naglug maak dit 'n gewilde teiken wanneer die optika van teleskope en verkykers getoets word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.