onreëlmatige eenheid van tyd wat 'n kalenderjaar verdeel From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Maand was oorspronklik gebaseer op die tyd wat die maan neem om 'n siklus van fases te voltooi. Die kalender- of burgerlike maand het vir praktiese redes 'n heelgetal aantal dae. Daarom kan die maande nie almal eweveel dae hê nie.
Met die Gregoriaanse kalender, en ander kalendersisteme wat op die sonjaar gebaseer is, is die lengte van die maand sodanig dat daar 12 maande in een jaar pas. Met sisteme wat op die maan gebaseer is, is die lengte van die maand sodanig dat dit sover moontlik met die sinodiese maand ooreenkom.
Die Westerse jaar bestaan uit die volgende maande:
Maand | Aantal dae | Genoem na | Ander name |
---|---|---|---|
Januarie | 31 | die Romeinse god Janus | loumaand, ysmaand, wolfsmaand, hardmaand |
Februarie | 28 of 29[1] | die Etruskiese god Februus | sprokkelmaand |
Maart | 31 | die Romeinse god Mars | lentemaand |
April | 30 | aperire ( = open in Latyn) | grasmaand |
Mei | 31 | die Griekse godin Maia | bloeimaand, wonnemaand, Mariamaand |
Junie | 30 | die Romeinse godin Juno | somermaand, weidemaand |
Julie | 31 | die Romeinse veldheer Julius Caesar | hooimaand |
Augustus | 31 | die Romeinse keiser Augustus Octavianus | oogstmaand |
September | 30 | Latyn vir sewende maand | herfsmaand |
Oktober | 31 | Latyn vir agtste maand | wynmaand, saaimaand |
November | 30 | Latyn vir negende maand | slagmaand |
Desember | 31 | Latyn vir tiende maand | wintermaand, feesmaand, kersmaand |
By die aanduiding van 'n tydsduur kan dit verwarrend wees omdat die lengte van 'n maand kan wissel van 28 tot 31 dae. 'n Stelling soos "2 maande en 20 dae" is darem onakkuraat in terme van aantal dae, tensy dit duidelik is op watter datum dié periode eindig. Bowendien kan "2 maande en 20 dae" plus "3 maande en 15 dae" byvoorbeeld "6 maande en 5 dae" wees, maar ook "6 maande en 4 dae". Selfs by 'n gegewe begindatum kan die uitkoms ook anders wees by verwisseling van die twee terme ("3 maande en 15 dae" plus "2 maande en 20 dae").
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.