taktiese ballistiese missiel From Wikipedia, the free encyclopedia
Die MGM-140 Army Tactical Missile System (ATACMS) is 'n taktiese ballistiese missiel wat deur die Amerikaanse verdedigingsmaatskappy Lockheed Martin vervaardig word. Dit het 'n reikafstand van tot 300 km,[1] met soliede dryfmiddel, en is 4.0 m lank en 610 mm in deursnee. Die ATACMS kan afgevuur word vanaf die rusperbande M270 Multiple Launch Rocket System (MLRS), en die wielgedrewe M142 High Mobility Artillery Rocket System (HIMARS).
’n ATACMS-lanseringshouer het ’n deksel met ses sirkels soos ’n standaard MLRS-vuurpyldeksel, maar bevat net een missiel[2] die identiese patroon maak dit meer uitdagend vir vyandelike intelligensie om dit as ’n hoëwaarde-teiken uit te sonder.
Op 17 Oktober 2023 is berig dat 'n aanval van Oekraïense magte op die besette Berdjansk-vliegveld wat na bewering verskeie Russiese helikopters vernietig het, uitgevoer is met M39 (ATACMS Blok I) met M74 tros-submunisie.[3][4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.