Universiteit in Lund, Swede From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Universiteit van Lund (Sweeds: Lunds universitet) is een van Europa se oudste, grootste en mees gesogte universiteite,[4][5][6] wat deurlopend onder die wêreld se top 100 universiteite gereken word.[7][8][9][10] Die universiteit, geleë in die stad Lund in die provinsie Scania, Swede, het sy oorsprong in1425 toe 'n Franciskaanse "studium generale" in Lund, langs die katedraal van Lund, gestig is. Dit is die oudste instelling van hoër onderwys in Skandinawië. Nadat Swede Scania van Denemarke verower het in die 1658-verdrag van Roskilde, is die universiteit in 1666 gestig op die plek van die ou "studium generaal" langs die katedraal van Lund.
Lund Universiteit | |
---|---|
Lund UniversiteitHoofgebou, gebou in 1882 | |
Leuse: | Ad utrumque |
Leuse in Afrikaans: | Voorbereid vir die boek en die swaard |
Leuse in Engels: | Prepared for both the book and the sword |
Gestig: | 1666 |
Tipe: | Openbare universiteit |
Befondsing: | SEK 8 billion[1] |
Amptenaar in beheer: | Prof. Torbjörn von Schantz[2] |
Personeel: | Akademiese personeel-4,800 (2016),[3] administratiewe personeel-2,500 (2016)[3] |
Studentetal: | 42,000 studente (2016)[1] |
Ligging: | Lund, Scania, Swede |
Kampus: | Stedelik |
Kleure: | Donkerblou en brons |
Bynaam: | LU |
Affiliasies: | Universitas 21, LERU, EUA, ASAIHL |
Die Universiteit van Lund het agt fakulteite,[11] met addisionele kampusse in die stede Malmö en Helsingborg, en 42 000 studente[1] in 302 verskillende programme en 2 046 vrystaande kursusse. Die Universiteit het sowat 600 vennoot universiteite in meer as 70 lande, en dit behoort tot die liga van die Europese navorsingsuniversiteite sowel as die wêreldwye Universitas 21-netwerk.[12]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.