From Wikipedia, the free encyclopedia
Daar is standbeelde van genl. Louis Botha in Kaapstad, Durban en Pretoria.
'n Ruiterstandbeeld van genl. Louis Botha staan op Stalplein aan die bopunt van Pleinstraat in Kaapstad. Die beeldhouer was die Italiaan Romano Romanelli en die beeld is op 2 Februarie 1931 onthul deur die vrou van sir Nicolaas Frederic de Waal. Die inskripsie op die beeld lui: “Louis Botha, boer, krysgsman, staatsman”.
Die standbeeld is in April 2015 gevandaliseer en met rooi verf besmeer. Dit volg nadat die EFF sy lede aangemoedig het om standbeelde van “apartheidsikone” te vernietig.[1]
Die eerste gedenkteken wat ter ere van genl. Louis Botha opgerig is, is 'n standbeeld in die Botha-tuin in Koning Dinuzuluweg (voorheen Bereaweg) en Julius Nyererelaan (Warwicklaan). Sedert 2008 staan 'n standbeeld van koning Dinuzulu regoor Botha. Botha se bronsbeeld deur Anton van Wouw is op 14 Juie 1923 deur genl. J.C. Smuts onthul. Die eenvoudige opskrif lui: Louis Botha 1862–1919. Hy is effens groter as lewensgroot uitgebeeld en staan op 'n voetstuk van 'n 3 m.
Voor die Uniegebou langs Kerkstraat staan 'n ruiterstandbeeld wat Botha uitbeeld in die tyd toe hy kommandant-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek was tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Die bronsbeeld deur Coert Steynberg is op 15 Augustus onthul deur Botha se oudste dogter, mev. Helen de Waal, en die eerste minister, genl. J.C. Smuts, het 'n toespraak gelewer. Die beeld weeg 4 ton, staan ongeveer 5 m hoog en staan op 'n voetstuk van 4½m. Ses bronsplate op die voetstuk beeld hoogtepunte uit Botha se loopbaan uit. Bydraes deur die publiek het die beeld betaal.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.