From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Litosfeer (van die Griekse λίθος líthos, "klip", en σφαίρα sphaíra, "sfeer") is die rigiede,[1] buitenste laag van 'n aardplaneet of natuurlike satelliet. Op Aarde bestaan dit uit die kors en die deel van die bomantel wat elasties optree op tydskale van tot duisende jare of meer. Die kors en bomantel word onderskei op grond van chemie en mineralogie.
Die Aarde se litosfeer, wat uit die harde en rigiede buitenste laag van die Aarde bestaan, sluit die kors en die heel boonste deel van die mantel in. Daaronder lê die astenosfeer, die swakker, warmer en dieper deel van die bomantel. Die grens tussen die litosfeer en astenosfeer word bepaal deur die verskil in reaksie op stres: die litosfeer bly rigied vir baie lang geologiese tydperke waarin dit elasties en op 'n bros manier vervorm, terwyl die astenosfeer vloeitraag vervorm en stres hanteer deur plastiese vervorming.
Die grens word meestal gedefinieer deur die temperatuur, waarby die oorgang tussen die twee lae as 'n isoterm beskou kan word. Die dikte van die litosfeer word dus gereken word as die diepte tot die isoterm wat verbind word met die oorgang tussen bros en vloeitrae gedrag.[2]
Die litosfeer word horisontaal verdeel in tektoniese plate.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.