chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
Litiumsulfaat is 'n sout van litium en swaelsuur met die formule Li2SO4.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Litiumsulfaat |
Chemiese formule | Li2SO4 |
Molêre massa | 106,02 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 10377-48-7[1] |
Voorkoms | wit vastestof[1] |
Reuk | reukloos[1] |
Fasegedrag | |
Fase | β-Li2SO4 |
Selkonstantes | a=823,9(1)pm; 495,4(1)pm; 847,4(1)pm[2] |
Ruimtegroep | P21/a |
Nommer | 14 |
Fase | α-Li2SO4: T>572 °C |
Selkonstantes | a=707pm[3] |
Ruimtegroep | Fm3m (?) |
Nommer | 225 |
Smeltpunt | 860 °C[1] |
Kookpunt | |
Digtheid | 2,21 @20°C[1] |
Oplosbaarheid | |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | 613 [mg/kg] (oraal; rot) |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Dit vorm 'n monohidraat Li2SO4·H2O.
Li2SO4 bestaan as 'n dimorf, met 'n laetemperatuurfase wat β-Li2SO4 genoem word en 'n hoëtemperatuurfase α-Li2SO4, wat stabiel is tot 1.133 K, die smeltpunt. Watervrye β-Li2SO4 kristalliseer in die monokliniese kristalstelsel. Bo 845 K ondergaan die struktuur 'n fase-oorgang na 'n hoogsimmetriese vlakgesentreerde kubiese fase. Die hoëtemperatuurfase is 'n superioniese geleier.[4] Die hoë kubiese simmetrie betref soos by baie superioniese geleiers die gemiddelde struktuur en is die gevolg van wanorde in die rotasies van (steeds tetraëdriese) sulfaatione en 'n wanordelike verdeling van die litiumione oor 'n groot verskeidenheid van posisies in die rooster. Dit vergemaklik die bewegings van ione deur die vastestof en verhoog die ioniese geleidingsvermoë.
Litiumsulfaat-tipe materiale is aantreklike kandidate as vaste elektroliete vir verskeie elektrochemiese toestelle. Dunne lagies van hierdie tipe materiale kan amper amorf wees en reeds by lae temperatuur superioniese geleiding vertoon.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.