From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Leonides vorm ’n meteoorreën, of meteoorstroom, wat jaarliks tussen 14 en 21 November gesien kan word. Die naam verwys na die skynbare oorsprong in die sterrebeeld Leeu; tog is dit in werklikheid afkomstig van Komeet Tempel-Tuttle, wat op sy wentelbaan om die Son ’n groot aantal brokstukke (meteoroïede) agterlaat. Sodra die Aarde die baan van die komeet kruis, kom dit ook in aanraking met meteoroïdewolke. ’n Aantal brokstukke brand in die Aarde se atmosfeer uit en word as meteore (verskietende sterre) waargeneem. Die meteoorreën bereik elke jaar in November sy hoogtepunt – die presiese datum verskil van jaar tot jaar.
Leonides | ||
’n Leonidemeteoor tydens die hoogtepunt van die 2009-reën. | ||
Ontdekking | 902 n.C. (eerste rekord) | |
Moederliggaam | Komeet 55P/Tempel-Tuttle | |
Uitstralingspunt | ||
Sterrebeeld | Leeu | |
Regte klimming | 10h 08m | |
Deklinasie | +22° | |
Eienskappe | ||
Voorkoms | 15 November – 20 November | |
Hoogtepunt | 18 November | |
Spoed | 71 km/s | |
Sterre per uur | Wissel |
’n Buitengewone skouspel vind elke 33 jaar plaas.[1] Wanneer die Aarde die wentelbaan van Komeet Tempel-Tuttle kruis kort nadat hy deur die binneste gedeelte van ons Sonnestelsel getrek het, styg die aantal sigbare Leonide-meteore duidelik. Hierdie groot meteoorstorm, met duisende meteore per uur, kon in 1966 oor Amerika gesien word.[2] Die eerste rekord van die Leonides was in 902 n.C.
Die Leonides is ’n vinnig bewegende stroom wat die Aarde se wentelbaan teen 72 km/s tref.[3] Groter Leonides het ’n deursnee van sowat 10 mm en ’n massa van ’n halwe gram, en hulle kan helder ligstrepe met ’n skynbare magnitude van tot -1,5 veroorsaak.[4] ’n Jaarlikse Leonidereën kan 12 of 13 ton deeltjies oor die hele planeet agterlaat.
Die meteoroïdes wat deur die komeet agtergelaat word, word in strepe georganiseer volgens hulle wentelbane. Hulle word deur verskillende planete versteur, veral Jupiter,[5] en in ’n mindere mate deur stralingsdruk van die Son.[6] Deeltjies in ou strepe is taamlik ver uitmekaar en veroorsaak ’n paar meteore per minuut. Jonger strepe is baie digter en veroorsaak elke 33 jaar ’n meteoorstorm, met meer as 1 000 meteore per uur.
Die Leonides bereik elke jaar omstreeks 18 November ’n hoogtepunt, maar meteore kan verskeie dae daarvoor en daarna gesien word.
Jaar | Aktiewe tyd | Hoogtepunt | Meteore per uur |
---|---|---|---|
2006 | 19 Nov. | 78[7] | |
2007 | 19 Nov. | 35[8] | |
2008 | 14-22 Nov. | 17 Nov.[9] | 99[10] |
2009 | 10-21 Nov. | 100[11][12] tot meer as 500[9][13][14] 17 Nov. | 79[15] |
2010 | 10-23 Nov. | 18 Nov. | 32[16] |
2011 | 18 Nov. | 22[17] | |
2012 | 6-30 Nov. | 20 Nov. | 47[18] |
2013 | 15-20 Nov. | 17 Nov. (nie sigbaar weens volmaan) | – |
2014 | 6-30 Nov. | 17 Nov. | 15? |
2015 | ? | 17 Nov. | 20 |
2016 | ? | 17 Nov. | 10 |
2017 | ? | 17 Nov. | 10 |
2018 | ? | 17 Nov. | 25 |
2019 | ? | 17 Nov. | 15-20 |
2020 | ? | 7 Nov. | 10-15 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.