From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Leër is die gedeelte van 'n land se weermag wat op die grond veg. Dus 'n landmag, in teenstelling met 'n lugmag of 'n seemag (vloot genoem).
'n Leër kan uit soldate te voet (infanterie) en soldate te perd (kavallerie) bestaan. Sedert die 14de eeu is vuursteun (artillerie) bygevoeg. Ná die Eerste Wêreldoorlog is perde nie meer in gevegte ontplooi nie. Hul taak is hoofsaaklik deur tenks en pantservoertuie oorgeneem, wat die moderne kavallerie vorm.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.