From Wikipedia, the free encyclopedia
Latium (Italiaans: Regione Lazio) is 'n historiese landskap en administratiewe streek in Sentraal-Italië. Die grootste stad in Latium is die Italiaanse hoofstad Rome.
Wapen en vlag | |
---|---|
Algemene gegewens | |
Hoofstad: | Rome |
Administratiewe verdeling: | 5 provinsies |
Oppervlakte: | 17 207.68 vk km |
Bevolking: | 5 728 688 (31 Desember 2010) |
Bevolkingsdigtheid: | 333 inwoners per vk km |
Webwerf: | www.regione.lazio.it |
ISO 3166-2: | IT-62 |
President: | Nicola Zingaretti (PD) |
Kaart | |
In die Romeinse tydperk het Latium verwys na die min of meer reghoekige area tussen die Tiber-rivier, die Sabine-gebergte, en die Middelandse See. Die moderne geografie lys die naam nie meer nie, aangesien die konnotasie met antieke Rome verband hou. Voor die aankoms van die Romeine, het verskeie etniese groepe hier gewoon. Sommige van hulle het nie eers Indo-Europese tale gepraat nie. Die Etruskers was die hoofgroep van hierdie mense, gedurende hierdie pre-Romeinse periode. Elke streekstad het sy eie staat gevorm. Indo-Europese stamme het die gebied begin binnedring, onder andere die groep wat vandag as die Latyners bekend staan. Hulle was onmiddellik deur die oorspronklike stamme in posisie van onderdrukking geplaas, wat hulle laat verenig het en teen 338 v.C. het hul stad Rome beheer oor die hele gebied gehad. Na die Maatskaplike Oorlog in 90 v.C. het Rome burgerskap verleen aan al die bewoners van die stede in die gebied.
Die administratiewe streek Lazio word verder onderverdeel in die volgende provinsies: Frosinone, Latina, Rieti, Metropolitane Stad Rome en Viterbo.
Abruzze (Abruzzo) • Apulië (Puglia) • Basilicata • Kalabrië (Calabria) • Kampanië (Campania) • Emilia-Romagna • Friuli-Venezia Giulia • Latium (Lazio) • Ligurië (Liguria) • Lombardye (Lombardia) • Marke (Marche) • Molise • Piëmont (Piemonte) • Sardinië (Sardegna) • Sisilië (Sicilia) • Toskane (Toscana) • Trentino-Suid-Tirol (Trentino-Alto Adige) • Umbrië (Umbria) • Valle d'Aosta • Veneto |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.