From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Lawameer is 'n groot volume lawa, gewoonlik gesmelte basalt, wat in 'n vulkaanopening, vulkaankrater of breë depressie voorkom. Die term word gebruik vir beide lawamere wat heeltemal of gedeeltelik gesmelt is en dié wat gestol is. Laasgenoemde word soms "bevrore" of "gestolde" lawamere" genoem.
Lawamere kan op een van drie maniere gevorm word:[1]
Die meer kan óf 'n konstante hoogte handhaaf, soos met die Mauna Ulu-uitbarsting van Kīlauea in Hawaii in 1967-'71, óf afwisselend daal en styg, soos met die Puʻu ʻŌʻō-uitbarsting van Kilauea in 1983-'84, met 'n periode van 5-20 minute.[2][3] In laasgenoemde geval het die lawa vinnig in die opening teruggesak voor die begin van 'n nuwe fase van aktiwiteit in die meer.[4]
Kīlauea het al baie jare lank twee volhardende lawamere: een in die Halemaʻumaʻu-opening in die kaldera op die kruin en nog een in die Puʻu ʻŌʻō-keël aan die oostelike skeursone van die vulkaan.[5] In Mei 2018 het albei mere verdwyn as gevolg van 'n toename in aktiwiteit in Kīlauea se oostelike skeursone. Die lawameer by Halemaʻumaʻu het in Desember 2020 teruggekeer, nadat Kīlauea vir die eerste keer in twee jaar uitgebars het.[6] Die lawameer het gestol nadat die uitbarsting in Mei 2021 geëindig het, maar weer teruggekeer nadat vulkaanaktiwiteit by Halemaʻumaʻu op 29 September 2021 hervat het.
Benewens sulke volhardende lawamere word ook tydelike mere (soms "lawapoele" genoem) aangetref.[7]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.