From Wikipedia, the free encyclopedia
Kubuntu is 'n amptelike derivaat van die Ubuntu-bedryfstelsel wat die KDE grafiese omgewing in plaas van GNOME gebruik. Dit is deel van die Ubuntu-projek en gebruik dieselfde onderliggende stelsel. Dit is moontlik om beide die KDE-desktop (kubuntu-desktop) en die GNOME-desktop (ubuntu-desktop) in afwisseling op dieselfde masjien te laat loop. Elke pakket op Kubuntu deel dieselfde bergplek as Ubuntu.[2] Kubuntu is gratis aflaaibaar dwarsoor die wêreld en kan ook vanaf verskeie Suid-Afrikaanse bedieners op plaaslike bandwydte afgelaai word. Die Kubuntu-installerings-CD's kan ook deur die Shipit-diens Geargiveer 26 September 2007 op Wayback Machine vir aflewering bestel word. Kubuntu-weergawes word gereeld en voorafbepaald vrygestel op dieselfde skedule as Ubuntu.[3]
Kubuntu 21.10 Impish Indri wat KDE loop | |
Webwerf: | kubuntu |
Maatskappy/ ontwikkelaar: | Canonical Ltd / Blue Systems / Ubuntu Foundation |
Bedryfstelsel-familie: | Linux |
Bronkodemodel: | Vrye en Oopbron-sagteware |
Jongste stabiele uitgawe: | 24.04 LTS[1] / 25 April 2024 |
Platforms wat ondersteun word: | IA-32, x86-64, lpia, ARM |
Kerntipe: | Monolitiese kern |
Verstek-gebruikerskoppelvlak: | KDE Grafiese Gebruikerskoppelvlak |
Lisensie: | GPL en ander lisensies |
Status: | Tans aktief |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.