Krewe

From Wikipedia, the free encyclopedia

Krewe

Krewe (Astacidea) is 'n infraorde van kreefagtiges wat tot die orde tienpotiges (Decapoda) behoort. Diere soos seekrewe en rivierkrewe behoort aan die infraorde. Hulle kom bykans oor die hele wêreld voor, maar nie in die binneland van Afrika en seker dele van Asië nie.[1]

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Superfamilies ...
Krewe
Thumb
Austropotamobius pallipes
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Pleocyemata
Infraorde:
Astacidea

Latreille, 1802
Superfamilies

Sien teks

Sluit

Krewe het 10 pote met lang voelhorings, 'n groot agterlyf en 'n lang stert. Hulle vreet bykans enigiets en word as die skoonmakers van die see beskou. Krewe swem agteruit.

Kreef word as gesogte seekos benut. Hulle word op groot skaal in nette of fuike gevang. Die agterlyf van die kreef word ingelê en uitgevoer.

Taksonomie

Thumb
Skets van 'n varswaterkreef.

Superfamilies en families:

  • Astacoidea (rivierkrewe)
    • Astacidae
    • Cambaridae
  • Parastacoidea
    • Parastacidae
  • Nephropoidea (seekrewe)
    • Nephropidae
    • Thaumastochelidae
  • Enoplometopoidea
    • Enoplometopidae

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.