Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Kontinentale plat of vastelandsplat is ’n onderwaterlandmassa wat van ’n kontinent af uitstrek en ’n gebied met relatief vlak water tot gevolg het. Baie van die platte is ontbloot tydens glasiale en interglasiale tye. Die plat om ’n eiland word ’n insulêre plat of eilandsplat genoem.
Die kontinentale helling, tussen die kontinentale plat en die abissale vlakte (oseaan), bestaan uit ’n steil helling. Afsettings van die kontinent daarbo tuimel teen die helling af en vergader in ’n hoop aan die voet van die helling, wat as die kontinentale verheffing bekend is. Dit kan tot 500 km van die helling af strek en bestaan uit dik afsettings wat deur troebeldigtheidstrome van die plat en helling daarheen gevoer word.[1][2] Die skuinste van die verheffing is tussen dié van die helling en die plat.
Volgens die Verenigde Nasies se konvensie oor seereg het die term "kontinentale plat" ’n regsdefinisie as die deel van die seebedding reg langs die kus van ’n spesifieke land, waartoe dit behoort.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.