Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kongo (Kongo: Esikongo, eenvoud: Mwisikngo, ook Bakongo, eenvoud: Mukongo) is 'n etniese groep inheems aan die Kongorivier se monding in die Atlantiese Oseaan. Hulle leef veral in die drie lande Angola, die Demokratiese Republiek die Kongo en die Republiek die Kongo. In Angola vorm hulle sowat 13% van die bevolking en bevolk dié land se noordweste noord van die hoofstad Luanda (provinsies Zaire en Uíge), insluitende die eksklave Cabinda. In die Demokratiese Republiek die Kongo vorm hulle met sowat 48% die grootste etniese groep en bewoon die westelike deel van dié land wes van die hoofstad Kinshasa. In die Republiek die Kongo vorm hulle sowat 12% van dié land se bevolking en bewoon die suidelike streek langs die Kongorivier, veral rondom die hoofstad Brazzaville en die hawestad Pointe-Noire.
Kongo | |
---|---|
Kongo-jeugdiges in Kinshasa | |
Totale bevolking: | ca. 10 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Angola Demokratiese Republiek die Kongo Kongo |
Taal: | Kongo, Lingala, Portugees, Frans |
Geloofsoortuiging: | Christendom, Tradisionele Afrika-godsdiens |
Verwante etniese groepe: | Ander Bantoevolke |
Die Kongo is veral bekend vir die gesentraliseerde en goed georganiseerde Koninkryk Kongo (1390–1914) met sy hoofstad M'Banza Kongo (in Noordoos-Angola) wat in 2017 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys is.[1] Hulle praat veral Kongo as moedertaal, wat uit verskeie dialekte bestaan en in die destydse Zaïre gestandaardiseer is. In onlangse tye het Lingala 'n belangrike tweede taal geword wat vanaf Kinshasa versprei het. Daarbenewens is die ou koloniale Europese tale Frans en Portugees in die alledaagse lewe belangrik.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.