Komodo-lughawe
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Komodo-lughawe (Indonesies: Bandar Udara Komodo) is 'n lughawe naby die dorpie Labuan Bajo op die eiland Flores in die Oos-Nusa Tenggara-provinsie, Indonesië. Die lughawe se naam kom van Labuan Bajo se status as 'n vertrekpunt vir toere na die nabygeleë Komodo Nasionale Park, die tuiste van die komododraak.
Dit was voorheen bekend as Mutiara II-lughawe, om nie te verwar met Mutiara-lughawe wat naby die stad Palu in Indonesië se Sentraal-Sulawesi-provinsie geleë is nie. In September 2013 het die eerste Boeing 737-800 geland en weer suksesvol opgestyg.
Die lughawe sal na verwagting tot 4 miljoen passasiers per jaar akkommodeer. Die aanloopbaan sal ook van 2 250 meter tot 2 750 meter verleng word, terwyl die randplaveisel tot 20 200 vierkante meter uitgebrei word. Die binnelandse terminaal sal tot 6 500 vk meter uitgebrei word, en 'n internasionale terminaal sal gebou word met 'n oppervlakte van 5 538 vk meter met verskeie ander ondersteunende fasiliteite.[1]
Redery | Stad |
---|---|
Batik Air | Denpasar–Ngurah Rai, Djakarta–Soekarno-Hatta |
Citilink | Denpasar–Ngurah Rai, Djakarta–Soekarno-Hatta, Kupang |
Garuda Indonesia | Denpasar–Ngurah Rai, Djakarta–Soekarno-Hatta[2] |
Indonesia AirAsia | Denpasar–Ngurah Rai, Djakarta–Soekarno-Hatta,[3] Surabaya |
Super Air Jet | Surabaya |
Wings Air | Bajawa, Ende, Maumere |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.