rivier In Transkaukasië From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Koera (Armeens: Կուր, Kur, Azerbeidjans: Kür, Georgies: მტკვარი Mt'k'vari, Koerdies: rûbara kur, Turks: Kura) is die grootste rivier in die Kaukasus. Die rivier, met 'n lengte van 1 515 km, vloei deur Turkye, Georgië en Azerbeidjan. Die rivier word matig besoedel deur groot industriële sentra soos Tbilisi en Roestawi in Georgië.
Koera – Mtkwari | |
---|---|
Die Koera in Mtskheta, Georgië. | |
Die stroomgebied van die Koera. | |
Oorsprong | wes van Ardahan (Turkye) |
Monding | suidwes van Bakoe (Azerbeidjan) in die Kaspiese See |
Stroomgebied | Turkye, Georgië en Azerbeidjan |
Lengte | 1 515 km (941 myl)[1] |
Oorspronghoogte | 2 740 m (8 990 voet)[2] |
Mondinghoogte | −26,5 m (−87 voet)[3] |
Gemiddelde afloop | 443 m³/s (15 644 ft/s³)[4] |
Stroomgebiedopp. | 198 300 km² (76 564 myl²)[5] |
Kaart van die Koera-bekken in die Kaukasus. |
Die Koera ontspring wes van Ardahan in Oos-Anatolië, Turkye. Aansluitend vloei die rivier in 'n noordoostelike rigting en bereik Georgië, waar die rivier Mtkwari genoem word. Net suid van Suid-Ossetië naby Gori draai die Koera in suidoostelike rigting en vloei deur die Georgiese hoofstad Tbilisi. Daarna vloei die rivier verder in suidoostelike rigting deur Azerbeidjan, waar die Araks, die Koera se grootste sytak, naby Sabirabad in die rivier uitmond. Verder suidoos mond die Koera in die Kaspiese See uit.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.