Kijifse Petsjersk-lawra
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kijifse Petsjersk-lawra (Oekraïens: Києво-Печерська лавра, Russies: Киeво-Печерская лавра), ook bekend as die Kijifse Klooster van die Grotte, is ’n historiese Oosters-Ortodokse klooster in Kijif. Sedert sy stigting as ’n grotklooster in 1051[1] is die lawra ’n belangrikse Ortodokse sentrum in Oos-Europa. Dit is saam met die Sint Sofia-katedraal ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.[2] Terwyl dit ’n kultuurattraksie is, is die klooster weer aktief met meer as 100 monnike wat daar woon.
Kijifse Petsjersk-lawra Києво-Печерська лавра | ||
Land | Oekraïne | |
Soort | Kloosterkompleks | |
Streek | Kijif | |
Oppervlakte | 235 400 m2 | |
Geskiedenis | ||
Gestig | 1051 | |
Kulture | Kiëf-Roes | |
Bewoners | Meer as 100 | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Deel van | Sint Sofia-katedraal en Kijifse Petsjersk-lawra | |
Tipe | Kultureel | |
Kriteria | i, ii, iii, iv | |
Verwysing | 527 | |
Inskripsie | 1990 (14de sessie) | |
Streek† | Europa en Noord-Amerika | |
Beskrywing* | Kiev: Saint-Sophia Cathedral and Related Monastic Buildings, Kiev-Pechersk Lavra | |
† Streek soos deur Unesco geklassifiseer. * Naam soos op die Wêrelderfenislys |
Naam
Die woord petsjera beteken "grot", en "lawra" is ’n manlike klooster van ’n hoë rang in die Oosters-Ortodokse Kerk. Die klooster se naam word dus ook vertaal as die Kijifse Grotklooster of Klooster van die Grotte.
Geboue
Die Kijifse Petsjersk-lawra bevat verskeie argitektoniese monumente, van kloktorings tot grotstelsels en versterkingsmure. Die hooftrekpleisters sluit in die Groot Lawrakloktoring en die Mariahemelvaartkatedraal, wat in die Tweede Wêreldoorlog verwoes en heeltemal herbou is. Ander kerke is die Kerk van die Alheiliges, die Kerk van die Redder by Berestowe, die Kerk van die Verheerliking van die Kruis, die Kerk van die Drie-eenheid, die Kerk van die Maagd se Geboorteskenking, ensovoorts.
Daar is ook talle ander konstruksies, soos die Sint Nikolaas-klooster, die Kijifse Teologiese Akademie en Kweekskool, en meer as 100 grafte van onder meer grootprinse en heiliges.
Galery
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.