Spesie van tolbosse From Wikipedia, the free encyclopedia
Die katsterttolbos (Leucadendron thymifolium) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom op die Malmesburyvlakte vanaf Dassenberg tot by Klipheuwel. Die struik word 2.0 m hoog en dra blomme van Augustus tot September.
Katsterttolbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. thymifolium |
Binomiale naam | |
Leucadendron thymifolium (Salisb. ex Knight) I.Williams, 1972 | |
Sinonieme | |
|
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na die grond, twee maande nadat die plant geblom het. Die plant is eenslagtig en daar is manlike- en vroulike plante. Die bevrugting word gedoen deur insekte. Die plant groei hoofsaaklik in sand of gruis oor klei op hoogtes van 100 m.
Dit staan ook bekend as die swartveldknoppiesbos en in Engels as die Malmesbury Conebush.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.