Karaat is 'n eenheid van massa vir edelstene en pêrels waarby 1 karaat = 200mg (3.085 grein). Diamante se massa (of gewig) word in karaat bepaal. Die grootste diamant ooit gevind is die Cullinan-diamant van 3 024.75 karaat.

Thumb
Die Ster van Indië, 'n saffier met 'n massa van 563,35 karaat.

Karaat is ook die bepaling van die suiwerheid van goud en silwer: 24 karaat is suiwer (100%) goud. 18 karaat goud bevat 18 dele suiwer goud uit die 24 dele.[1]

Oorsprong

Die woord karaat kom van Karob. Daar is geglo dat die karobsaad (saad van die Johannesbroodboom) altyd dieselfde gewig het, daarom is dié saad jare gelede gebruik om meetskale te kalibreer.[2]

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.