From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kaokolandse swartkwasmuishond (Galerella flavescens) is 'n muishond wat onder andere in die noorde en sentraal gedeeltes van Namibië voorkom. Die muishond is verwant aan die swartkwasmuishond en was voorheen bekend as die subspesie Galerella sanguinea nigrata.
Kaokolandse Swartkwasmuishond | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Mammalia |
Orde: | Carnivora |
Suborde: | Feliformia |
Familie: | Herpestidae |
Genus: | Galerella |
Spesie: | G. flavescens |
Binomiale naam | |
Galerella flavescens (Bocage, 1889) | |
Verspreiding |
Die muishond is slankgebou met 'n lang stert wat eindig in 'n swart punt. Wanneer hy beweeg word die stert in die lug opgekrul soos die van 'n leeu. Die soogdier is gespikkeld, donker rooibruin van kleur. Die mannetjie is effe groter as die wyfie. Die mannetjie kan tot 640 gram weeg en die wyfie tot 530 gram.
Die muishond is 'n tipiese bosveldspesie maar kom ook voor in redelike operige dele waar daar genoeg skuiling is.
Hulle is daglewend en kom eers na sonop uit en is alleenlopers. Die muishond kan ook bome klim en as hy skrik versteen hy in sy spore. Hulle vreet hoofsaaklik termiete, kewers, sprinkane, miere, akkedisse, vrugte en muise. Die muishonde se natuurlike vyande is die rooijakkals, luiperd, leeu en sivet. Een tot twee kleintjies word vanaf Oktober tot Maart gebore en die verwagte lewensduur is ±8 jaar.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.