From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kafue-kurper (Sargochromis mortimeri) is 'n varswater vis wat voorkom in die boonste en middelste gedeeltes van die Zambezirivier en die Kafuerivier. In Engels staan die vis bekend as die Kafue bream.
Kafue-kurper | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Pseudocrenilabrinae |
Genus: | |
Spesie: | S. mortimeri |
Binomiale naam | |
Sargochromis mortimeri (Bell-Cross, 1975)[2] | |
Die onvolwasse is liggroen en die volwasse visse is olyfgroen en daar is roeskleurige kolle op die basis van die skubbe. Die analevin is grys met oranje merke en daar is rye vol oranje eier-kolle op die membrane. Die ander vinne is donker grys met pers kolletjies op. Die mannetjies se dorsalevin het oranje kolle op en die rant is rooi en daar is ook pienk eier-kolle met oranje middelpunte op die analevin. Die vis word tot 27 cm lank.
Die vis leef in 'n verskeidenheid habitatte en damme. Hulle vreet insekte, slakke en plante en broei in die lente en vroeë somer. Die mannetjie bou 'n sandnes in vlak water. Die wyfies mondbroei die eiers en larwes.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.