Remove ads
Nederlandse digter From Wikipedia, the free encyclopedia
Joost van den Vondel (Nederlandse uitspraak: ˈjoːst fɑn dɛn ˈvɔndəl; 17 November 1587 – 5 Februarie 1679) was 'n Nederlandse digter, skrywer en dramaturg. Hy word beskou as die mees prominente Nederlandse digter en dramaturg van die 17de eeu. Van die toneelstukke wat uit die tydperk dateer word syne mees dikwels opgevoer. Sy epiese werk Joannes de Boetgezant (1662) wat oor die lewe van Johannes die Doper handel, is al by geleentheid die grootste Nederlandse epiese werk genoem.[1]
Vondel se teaterwerke is tot die 1960's gereeld opgevoer. Mees aanskoulik was die jaarlikse opvoering op nuwejaarsdag (van 1637 tot 1968) van sy Gijsbrecht van Aemstel.
Vondel was tot op sy oudag 'n produktiewe skrywer. Die grootste deel van sy noemenswaardige toneelstukke soos Lucifer (treurspel) en Adam in ballingskap is na 1650 geskryf, toe hy alreeds 65 was. Sy finale toneelstuk, Noag, wat op 80-jarige ouderdom geskryf is, word beskou as een van sy beste werke.
Vondel is op 17 November 1587 by Große Witschgasse in Keulen, Heilige Romeinse Ryk, gebore. Sy ouers was Mennoniete en van Antwerpense afkoms. In 1595 het hulle, waarskynlik weens hul godsdienstige oortuiging, na Utrecht gevlug, en daarvandaan uiteindelik verhuis na Amsterdam in die nuutgestigte Nederlandse Republiek. Op 23-jarige ouderdom het Vondel met Mayken de Wolff getrou. Hulle het vier kinders gehad, van wie twee as suigelinge gesterf het. Na die dood van sy vader in 1608 het Vondel die familie se koeldrankwinkel in Warmoesstraat in Amsterdam bestuur. Intussen het hy Latyn begin leer en vertroud geraak met bekende digters soos Roemer Visscher. Omstreeks 1641 het hy hom bekeer tot die Katolisisme. Dit was vir die meeste van sy landgenote 'n groot skok omdat die belangrikste geloof en de facto staatsgodsdiens in die Republiek Calvinisme (Protestantisme) was. Dit is onduidelik waarom hy 'n Katoliek geword het, hoewel sy liefde vir 'n Katolieke vrou moontlik hierin 'n rol gespeel het (Mayken de Wolff is in 1635 oorlede). Gedurende sy lewe het hy een van die belangrikste voorstanders van godsdienstige verdraagsaamheid geword. Na die arrestasie en verhoor van Oldenbarnevelt, Grotius en Hogerbeets en die onmiddellike onthoofding van die belangrikste burgerlike leier van die State van die Nederlande, Johan van Oldenbarnevelt, (1619) op bevel van sy vyand Prins Maurits van Nassau en die Sinode van Dordrecht (1618–1619), het die Calviniste die belangrikste godsdienstige demoninasie in die Republiek geword. Die openbare uitoefening van Katolisisme, Anabaptisme en Arminianisme is van toe af amptelik verbode, maar aanbidding in klandestiene kerke is wel verdra. Vondel het baie satiriese stukke geskryf waarin hy die Calviniste gekritiseer het en Oldenbarnevelt uitgelok het. Dit, tesame met sy nuwe geloof, het hom 'n ongewilde figuur in Calvinistiese kringe gemaak. Hy is as 'n bitter man oorlede, alhoewel hy op 5 Februarie 1679 deur verskeie mede-digters vereer is. George Borrow het hom "verreweg die grootste [man] wat Holland ooit geproduseer het" genoem.[2]
Dit is al voorgestel[14] dat John Milton inspirasie geput het uit Vondel se Lucifer (1654) (asook Vondel se Adam in Ballingschap) (1664) vir sy Paradise Lost (1667). In sommige opsigte toon die twee werke wel ooreenkomste: die fokus op Lucifer, die beskrywing van die stryd in die hemel tussen Lucifer se magte en Michael s'n, en die antiklimaks wanneer Adam en Eva die Paradys verlaat.
Een voorbeeld hiervan is die volgende:
"Here may we reign secure, and in my choice To reign is worth ambition, though in Hell.
Better to reign in hell than serve in heaven."
"Is ’t noodlot, dat ick vall’, van eere en staet berooft,
Laet vallen, als ick vall’, met deze kroone op ’t hooft,
Dien scepter in de vuist, dien eersleip van vertrouden,
En zoo veel duizenden als onze zyde houden.
Dat valle streckt tot eer, en onverwelckbren lof:
En liever d’ eerste Vorst in eenigh laeger hof,
Dan in ’t gezalight licht de tweede, of noch een minder
Zoo troost ick my de kans, en vrees nu leet noch hinder."
Op Amstelredam
Aen d'Aemstel en aan't Y, daer doet sich heerlijck open
Sy die, als Keyserin, de kroon draeght van Europe,
Amstelredam, die 't hooft verheft aan 's hemels as,
En schiet, op Plutoos borst, haar wortels door't moerasch.
Wat watren worden niet beschaduwt van haar zeilen?
Op welcke marckten gaat zy niet haar waren veilen?
Wat volcken zietse niet beschijnen van de maan;
Zy die self wetten stelt den ganschen Oceaan?
Zy breit haar vleugels uit, door aanwas veler zielen,
En sleept de weerelt in, met overlade kielen.
Welvaren blijft haar erf, soo lang de Priesterschap
Den Raed niet overheert, en blindhockt door de kap.
Amsterdam se grootste park, die Vondelpark, is na hom vernoem. 'n Standbeeld van Vondel is in die noordelike deel van die park opgerig. Daar is ook 'n Vondelstr. in Keulen en 'n Vondelstraße in die Neustadt-Süd-distrik. Vondel se portret uit 1950 is aangebring op die Nederlandse vyf guilder banknoot voordat die druk daarvan in 1990 gestaak is.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.