onderwyskundige From Wikipedia, the free encyclopedia
Jonathan Jansen is die voormalige rektor van die Universiteit van die Vrystaat. Hy is vroeg in 2009 as die eerste gekleurde rektor en visekanselier van die universiteit aangestel.
Jonathan Jansen | |
---|---|
Prof Jansen bespreek 'n Hoër Onderwysgeldeverslag by Cornerstone Instituut, 2017 | |
Gebore | Jonathan David Jansen 29 September 1956 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Alma mater | UWK, Unisa, Stanford |
Beroep | Akademikus |
Bekend vir | Oudrektor van UV |
Titel | Professor |
Jonathan David Jansen is op 29 September 1956 in Montagu in die Boland gebore, maar het op die Kaapse Vlakte grootgeword. Hy was op laerskool by Sullivan Primary School, en gaan daarna na Steenberg Hoërskool. [1] Hy beskryf homself as 'n gemiddelde leerling op hoërskool – meer geïnteresseerd in sokker, swem by Muizenberg en fietsry met sy maats. Sy Latynonderwyser, Paul Gallant, het hom egter gemotiveer om in sy studies uit te blink, en ook om verder te gaan studeer.[1]
Jansen voltooi sy B.Sc. (Plantkunde en Dierkunde) in 1979 aan die Universiteit van die Wes-Kaap. In 1982 ontvang hy 'n onderwysdiploma en in 1984 'n B.Ed. (Vergelykende Opvoedkunde) van die Universiteit van Suid-Afrika. Hy verwerf in 1987 'n M.Sc. aan die Cornell-universiteit en in 1991 'n Ph.D. (Politieke wetenskap) aan die Stanford-universiteit.[1]
Jonathan Jansen is Buitengewone Professor van Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is tans die President van die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika en die Knight-Hennessey-genoot by die Stanford-universiteit.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.