Avusa Media Limited (sedert 20 November 2007), voorheen Johnnic Publishing, wat vroeër bekend gestaan het as Times Media Limited, is 'n Suid-Afrikaanse uitgewer van koerante en tydskrifte. Die maatskappy is 'n volfiliaal van Johnnic Communications, wat op sy beurt aan Johnnic Holdings behoort.

   Hierdie artikel behoort versmelt te word met South African Associated Newspapers.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.

   Hierdie artikel behoort versmelt te word met Times Media Limited.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.

Kitsfeite Tipe, Gestig ...
Avusa Media Limited
Tipe Openbare maatskappy
Gestig
Hoofkantoor Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika
SleutelpersonePrakash Desai (uitvoerende hoof)
Gebied bedienVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
IndustrieMedia
ProduktePublikasie, vermaak, kleinhandelbestuur
Dogter-
maatskappye
Picasso Headline, Hirt & Carter, Nu Metro Cinemas (verkoop), Exclusive Books
Webwerftimesmedia.co.za
Sluit

Die ontstaan van Avusa Media Limited kan teruggespoor word tot 1902 met die stigting van Rand Daily Mail deur Henry Freeman Cohen, met Edgar Wallace as eerste redakteur. Die mynmagnaat Abe Bailey het die Rand Daily Mail in 1902 gekoop en die Sunday Express in 1937 tot sy stal toegevoeg. In die jare veertig het die maatskappy wat die Rand Daily Mail en Sunday Express uitgegee het die Sunday Express Limited geword. Die maatskappy gee ook die Sunday Times (sedert 1906) uit, wat ontstaan het uit die Rand Daily Mail toe die dagblad se infrastruktuur en personeel gebruik is om die Sondagkoerant teen 'n laer koste uit te gee. Die Sunday Times se drukoplaag was aanvanklik 15 000, maar vandag is dit die grootste weekblad in Suid-Afrika met 'n verkoopte sirkulasie van meer as 500 000.

Uit dié drie koerante het die South African Associated Newspapers in 1965 ontstaan. Dié maatskappy het in die jare tagtig Times Media Limited geword.

Vernaamste koerante

Vernaamste tydskrifte

  • South African Home Owner
  • Longevity
  • Elle
  • SoccerLife
  • Top Huis
  • Avocado/Avokado
  • Computing SA
  • SA Mining

Ander bekende handelsmerke

  • Exclusive Books
  • Van Schaik Boekhandel
  • MapStudio
  • Struik
  • Gallo Musiekgroep (drie afdelings)

Sien ook

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.