From Wikipedia, the free encyclopedia
John William Polidori (* 7 September 1795, † 24 Augustus 1821) was 'n Engelse skrywer en geneeskundige en die lyfarts van Lord Byron.
Engelse skrywer
Gebore
7 September 1795
in Londen, Engeland,
Groot-Brittanje
Oorlede
24 Augustus 1821
in Londen, Engeland,
Groot-Brittanje
Literêre genres
Vampier- en gruverhale
Bekende werke
The Vampyre (1819)
Polidori staan veral bekend vir sy betrokkenheid by die literêre romantiese beweging, terwyl sommige aan hom die skepping van die vampiergenre binne die fantastiese literatuur toeskryf. Sy suksesvolste werk was die kortverhaal The Vampyre (1819) - die eerste moderne vampierverhaal. Alhoewel die werk aanvanklik valslik aan Lord Byron toegeskryf is ('n feit wat positiewe invloed op verkoopsyfers gehad het), het Byron hom van die verhaal gedistansieer en Polidori se outeurskap bevestig.[1] Die verhaal het ontstaan tydens die legendariese ontmoeting van Lord Byron, Mary en Percy Bysshe Shelley in die Villa Diodati in Switserland in die somer van 1816.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.