Suid-Afrikaanse, Christelike sanger en komponis From Wikipedia, the free encyclopedia
Joe Niemand is 'n Suid-Afrikaanse, Christelike sanger en komponis van onder andere Christelike liedere. Hy het in die Oos-Kaap grootgeword en sy eerste lied geskryf op die ouderdom van 17. Sy albums Reborn en This is War was albei genomineer vir SAMA toekennings. In 2015 het sy album Back Again, 'n SAMA gewen vir Beste Volwasse Kontemporêre Album.[1] Hy het reeds 10 albums vrygestel, een saam met Jaco du Plessis, waarvan "Ek Sal Nie Bang Wees Nie" een van die bekendste is. Hy het al liedjies vir films soos Hansie, Slash en Faith Like Potatoes geskryf.[2] Joe Niemand het ook al vir sangers soos Dozi en Steve Hofmeyr liedere geskryf. [3]
Joe Niemand | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Joe Niemand |
Oorsprong | Suid-Afrika |
Genres | Christelik, rock |
Beroep(e) | Sanger, komponis, akteur |
Etikette | NoMansLand |
Webwerf | niemand.co.za |
In 2001 wen hy die ATKV se Crescendo-kompetisie saam met Jaco du Plessis.
Joe Niemand het al ses konferensies bygewoon om op te tree.[4] Die Mighty Men Conference's is deur Angus Buchan op sy plaas in Greytown gehou waar 'n groot hoeveelheid mans saamgekom het om Angus Buchan te hoor preek. In 2009 woon byna 200 duisend mans die naweek by.[5] Niemand het liedere soos "I'm Sorry" en "Ons vir U" van sy album "Glory to the King" gesing. Die album, Glory to the King, is ook vrylik weggee tydens die 2011 konferensie. Dié album kan verniet afgelaai word by glorytotheking.co.za
Joe Niemand se amptelike musiekkanaal op Youtube is JoeNiemandVideos
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.