Jansenville

From Wikipedia, the free encyclopedia

Jansenvillemap

Jansenville is 'n dorp in die Oos-Kaap, sowat 80 km suid van Graaff-Reinet. Dit is geleë in 'n streek wat as die Kamdeboo bekend staan.

Kitsfeite Jansenville (ingesluit KwaZamukucinga), Land ...
Jansenville

(ingesluit KwaZamukucinga)
Thumb
NG kerk Jansenville
Thumb
Jansenville
 Jansenville se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 32°56′36″S 24°40′02″O
Land Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistrikSarah Baartman
MunisipaliteitDr Beyers Naudé
Stigting1855
Oppervlak
  Totaal24,9 km2 (9,6 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
  Totaal5 612
  Digtheid225/km2 (580/vk. myl)
 [1]
Rasverdeling (2011)
  Wit mense7.8%
  Indiërs/Asiërs0.2%
  Bruin mense48.7%
  Swart mense42.9%
  Ander0.5%
Taal (2011)
  Afrikaans 65.4%
  Xhosa 30.7%
  Engels 1.7%
  Ander 2.2%
Poskode (strate)
6265
Poskode (posbusse)
6265
Skakelkode049
Sluit

Geskiedenis

Die dorpie het ontstaan toe die NG Kerk te Uitenhage gedurende 1854 besluit het om 'n nuwe gemeente in die noorde te stig. Die plaas Vergenoegd van P.J. Fourie is uitgekoop. Die plaas lê aan die oewers van die Sondagsrivier. Die dorp is 1855 geproklameer en genoem na JW Janssens, goewerneur van die Kaapkolonie tydens die Bataafse bewind van (1803-1806).

Die NG gemeente Jansenville is amptelik op 4 Februarie 1855 van die moedergemeente Uitenhage, die tweede oudste in die Oostelike Provinsie, afgestig, maar Graaff-Reinet en Somerset-Oos het ook wyke bygedra. Op sy beurt het Jansenville twee dogtergemeentes afgestaan, Waterford in 1919 en Klipplaat in 1944. Teen 2013 was dit die kleinste twee gemeentes in die Sinode van Oos-Kaapland, met onderskeidelik 47 en 40 belydende lidmate.

Landbou

Die belangrikste produkte is merinowol en sybokhaar. Daar is ook angorastoetplase in die gebied.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.