James Bowie

From Wikipedia, the free encyclopedia

James Bowie

James (Jim) Bowie (1796–1836) was 'n Amerikaanse avonturier wat in Kentucky gebore is. Bowie het help veg vir Texas se onafhanklikheid van Meksiko tydens die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog. Hy was 'n mede-bevelvoerder in die slag van Alamo, waarin hy dan ook gesneuwel het.[1]

Thumb
'n Bowie-mes
Kitsfeite Bynaam(e), Geboortedatum ...
James Bowie
Thumb

Bynaam(e) Jim Bowie, Santiago Bowie
Geboortedatum ca. 1796
Geboorteplek Logan County, Kentucky, Verenigde State
Sterfdatum 6 Maart 1836
Sterfplek Alamo-sendingstasie, San Antonio, Republiek van Texas
Lojaliteit  Verenigde State
Jare in diens 1835–1836
Rang Kolonel
Eenheid Texaanse vrywilliger weermag
Poste beklee The Alamo, San Antonio
Veldslae/oorloë Texaanse Onafhanklikheidsoorlog
  • Lang ekspedisie
  • Slag van Nacogdoches
  • Slag van Concepción
  • Gras Fight
  • Slag van Alamo
Sluit

Bowie word as 'n Amerikaanse volksheld beskou. Stories van hom as 'n vegter, sommige werklik en ander fiktief, het hom 'n legendariese figuur in Texas se geskiedenis gemaak.

Die Bowie-mes is na hom vernoem, hoewel dit deur sy broer Rezin Bowie (1793–1841) ontwerp is. Dit is ’n groot mes met ’n lem wat ’n kurwe vorm.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.