From Wikipedia, the free encyclopedia
Jacques Pauw is 'n Suid-Afrikaanse ondersoekende joernalis. Hy was medestigter van en joernalis vir die anti-Apartheid-koerant Vrye Weekblad en uitvoerende vervaardiger van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie se aktuele nuusprogram Special Assignment. Hy het sy televisieloopbaan in 1994 begin, en spesialiseer in dokumentêre films oor die vasteland van Afrika.
Jacques Pauw | |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer en journalis |
Bekend vir | The President's Keepers Vrye Weekblad |
Deur sy joernalistieke loopbaan het Pauw kriminele aktiwiteite in die onderwêreld van Suider-Afrika ondersoek en gruweldade wat deur regerings regoor die Afrika-kontinent gepleeg is, aan die lig gebring. Sake wat deur Pauw se dokumentêre rolprente gedek word, sluit in die Rwandese volksmoord, die Oorlog in Darfoer, en die polisie se doodsgroepe in Suid-Afrika onder apartheid.
In November 2017 het Suid-Afrika se staatsveiligheidsagentskap (SSA) kriminele klagte teen Pauw gebring weens aansprake wat in sy boek, "The President's Keepers" gemaak is. Die Suid-Afrikaanse polisie het in Februarie 2018 op sy huis toegeslaan.
In 2014 het Jacques Pauw uit die joernalistiek getree. Hy was destyds die hoof van ondersoeke by Media24-koerante. Hy was drie dekades lank ’n joernalis, voor die drie jaar lange onderbreking ná aftrede waartydens hy (en sy vrou) ’n restaurant begin en bestuur het. Pauw was die meeste van daardie tyd as die sjef by die restaurant, Red Tin Roof, in Riebeek-Kasteel.
Pauw se werk is regoor die wêreld vertoon en hy het verskeie nasionale en internasionale toekennings ontvang, insluitend die Toekenning vir Uitstaande Internasionale Ondersoekende Verslaggewing, die Media-instituut van Suider-Afrika se toekenning vir ondersoekende joernalistiek en die Young African Leadership Award.
Pauw is twee keer aangewys as CNN se Afrika-joernalis van die jaar en hy het ook die Vodacom-joernalis van die jaar-toekenning in Suid-Afrika ontvang. In 2007 het hy die Nakasa-toekenning vir Media-integriteit gewen.[1][2][3][4][5][6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.