Suid-Afrikaanse hoogspringer (1982-2024) From Wikipedia, the free encyclopedia
Jacques Freitag (*11 Junie 1982, Warrenton † Junie 2024, Pretoria)[1][2] was ’n Suid-Afrikaanse hoogspringer. Hy is een van slegs tien atlete (saam met onder andere Valerie Adams, Usain Bolt, Veronica Campbell-Brown, Yelena Isinbayeva, Jana Pittmann en Dani Samuels) wat die wêreldkampioenskap in ’n item op jeug-, junior- en seniorvlak kon wen. Sy persoonlike beste hoogte was 2,38 meter.
Geslag | manlik |
---|---|
Land van burgerskap | Suid-Afrika |
Naam in moedertaal | Jacques Freitag |
Gegewe naam | Jacques |
Familie naam | Freitag |
Geboortedatum | 11 Junie 1982 |
Geboorteplek | Warrenton |
Sterfdatum | 2024 |
Sterfplek | Pretoria-Wes |
Manier van dood | moord |
Doodsoorsaak | skietwond |
Taalbeheersing | Engels, Afrikaans |
Beroep | atletiek mededinger |
Alma mater | Universiteit van Pretoria, Afrikaanse Hoër Seunskool |
Haarkleur | blonde hare |
Sport | atletiek |
Sportdissipline waaraan deelgeneem het | hoogspring |
Deelgeneem aan | Olimpiese Somerspele 2004 |
Freitag, wat in Bronkhorstspruit grootgeword het, se ma, Helena Pieters, was in 1973 ook die Suid-Afrikaanse hoogspringkampioen met ’n persoonlike beste van 1,74 meter. Freitag het sy skoling aan die Laerskool Du Preez Van Wyk, Afrikaanse Hoër Seunskool en die Universiteit van Pretoria ontvang.
Freitag het na sy atletiekloopbaan met dwelm- en drankmisbruik gesukkel.[3] Nadat hy in Booysens afgelaai is en etlike weke vermis was, is sy liggaam op 1 Julie 2024 in die weste van Pretoria gevind. Hy is geskiet.[4] Die Suid-Afrikaanse polisie het ‘n moordondersoek geopen.[5][6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.