Suid-Afrikaanse maraton atleet From Wikipedia, the free encyclopedia
Jack Mekler (4 Maart 1932 – 1 Julie 2019)[1] was 'n Suid-Afrikaanse maraton- en ultra-maratonatleet. Hy het sy lewe as jongmens in die Arcadia-kinderhuis in Parktown, Johannesburg deurgebring en skoolgegaan by die Parktown Boys High School.[2] Hy het op die ouderdom van 13 begin hardloop.
Hy het die Comrades-maraton vyf keer gewen sowel as ander maratons oor die wêreld heen.[3] Hy het dit vermag in 1958, 1960, 1963, 1964 en 1968. Hy het in 1952 aan sy eerste Comrades-maraton deelgeneem. Gedurende sy eerste ses jaar as padwedloper was sy resultate wisselvallig. Na mediese toetse is 'n ystertekort by hom gediagnoseer. Met die regte dieet het sy vertonings baie beter.
Mekler het ook die Springbokke verteenwoordig in Finland, Kanada en Engeland. Hy het in 1969 opgehou met mededingende kompetisies.
Elke jaar word die Jackie Mekler padwedloop in Germiston oor 25 km ter ere van hom gehou.[4]
Hy het begin werk as 'n drukkersassistent, vinnig opgang gemaak en later die besturende direkteur van Penrose Press in Johannesburg geword.
Hy word oorleef deur sy vrou, Margie, twee dogters en twee kleinkinders.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.