Israelse kurper
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Israelse kurper (Oreochromis aureus) is 'n varswatervis wat by die Kaapse Vlakte, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal voorkom. Die vis kom natuurlik voor in Israel, die suidelike gedeelte van die Nylrivier, die Tjadmeer en in die Niger- en Sénégalrivier. In Engels staan die vis bekend as die Israeli tilapia. Hierdie vis is reeds gedurende 1910 in Suid-Afrika vrygelaat.
Israelse kurper | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Taksonomiesjabloon ontbreek (maak reg): | Oreochromini |
Genus: | Oreochromis |
Spesie: | O. aureus |
Binomiale naam | |
Oreochromis aureus | |
Sinonieme | |
|
Voorkoms
Die mannetjies het gedurende die broeityd 'n helder blou kop met 'n blouswart ken en keel. Die stertvin is pienkerig. Die vis word tot 30 cm lank en die Suid-Afrikaanse hengelrekord daarvan is 1,85 kg.
Sien ook
Eksterne skakel
Bron
- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.