Windows Internet Explorer is 'n webblaaier wat deur Microsoft ontwikkel word waarmee mens webbladsye op die Internet kan lees. Internet Explorer is een van die standaard komponente van die Windows-bedryfstelsel. Die blaaier is sedert 1999 die mees gebruikte webblaaier ter wêreld. Voorheen was die amptelike naam Microsoft Internet Explorer, dikwels afgekort tot IE of MSIE. Met weergawe 7 van Internet Explorer is die naam Microsoft Internet Explorer gewysig na Windows Internet Explorer.
Windows Internet Explorer | |
Ontwikkelaar | Microsoft |
---|---|
Bedryfstelsel | Windows |
Kategorie | Webblaaier |
Lisensie | Kommersieel |
Versoenbaarheid
Internet Explorer het nog altyd sekere webstandaarde afgeskeep, wat dit moeilik vir ontwikkelaars maak om webbladsye te bou. Weergawe 7 is egter heelwat verbeter en los baie CSS-probleme op, maar veroorsaak ook nuwe probleme. Dit skep ekstra werk omdat ontwikkelaars soms aparte CSS-kode vir IE5, IE6 en nou ook IE7 moet skryf.
Van die bekende probleme sluit in:
Op 20 Desember 2007 word dit bekend dat Internet Explorer 8 uiteindelik die Acid2-toets geslaag het.[1]
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.