Igbo (volk)

From Wikipedia, the free encyclopedia

Igbo (volk)

Die Igbo ( Igbo: Ṇ́dị́ Ìgbò, letterlik: "Igbo-volk"), dikwels Ibo gespel en uitgespreek,[3] is 'n etniese groep inheems aan Suid-Nigerië wat aan die laer Nigerrivier leef.[4] Die etniese groep omvat sowat 32 miljoen mense en hulle praat Igbo as moedertaal en Engels as tweede taal.[5][6] Dit is saam met die Hausa en die Joroeba een van die grootste etniese groepe in beide Nigerië en Wes-Afrika.[7]

Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Igbo
Thumb
Totale bevolking: ca. 32 miljoen
Belangrike bevolkings  in:  Nigerië 32 miljoen[1]
Taal: IgboEngels
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Christendom, soms gemeng met die inheemse Igbo-godsdiens en geloofstelsels
Verwante etniese groepe: ander Cross-River-groepe van Suidoos-Nigerië (Ibibio, Efik, Annang, Ogoni); met meer afstand die Yeai-groep binne Volta-Niger.
Sluit
Thumb
Ligging van die Igboland in Nigerië
Thumb
Die vlag van die Republiek van Biafra (1967–1970) word soms as die etniese vlag van die Igbo beskou.[2]

As gevolg van migrasie en die slawehandel is baie Igbo na Europese kolonies in die Amerikas en ander lande van Afrika gebring. Tydens die Britse koloniale heerskap is die meeste Igbo tot die Christendom bekeer. Chinua Achebe se Things Fall Apart is een van die mees bekende boeke wat oor die Igbo, hul kultuur en veranderinge onder kolonialisme handel.

Na Nigerië se onafhanklikheid het sekere konflikte met ander etniese groepe tot die Nigeriese Burgeroorlog (1967–1970) gelei, waartydens die kortstondige republieke Benin en Biafra uitgeroep is. Na die Nigeriese oorwinning is albei republieke weer by Nigerië ingelyf.[8] Sedert 1999 veg die separatistiese beweging MASSOB vir die herstigting van 'n onafhanklike Igbo-staat.[9]

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.