Ibn Sina of Avicenna (Latyn), voluit Abu Ali Al-Hoessein Ibn Abdoellah Ibn Sina (980 - 1037), was ’n Islamitiese medikus, geoloog, paleontoloog, natuurkundige, sielkundige, wiskundige, wetenskaplike en filosoof van Persiese afkoms. Hy het groot bydraes gelewer op die gebied van Aristoteles-filosofie en die geneeskunde, en het honderde verhandelings geskryf, waarvan sowat die helfte nog bestaan. Van dié werke konsentreer sowat 150 op filosofie en 40 op geneeskunde.[1]

Kitsfeite Geboortenaam, Gebore ...
Avicenna
Thumb
Die Persiese filosoof Avicenna

Geboortenaam Abū ʿAlī al-Ḥusayn ibn ʿAbd Allāh ibn Al-Hasan ibn Ali ibn Sīnā
Gebore 18 Junie ca. 980
Afshona, Samanide-ryk
Oorlede 16 Augustus 1037 (op 56–57)
Hamadan, Kakuyide-ryk
Vakgebied Medisyne en aromaterapie
Filosofie en logika
Kalam in die Islamitiese teologie
Wetenskap
Poësie
Bekend vir Die Boek van Genesing
Die Kanon van Geneeskunde
Beïnvloed deur Koran, Hippokrates, Aristoteles, Galen, Neoplatonisme, al-Kindi, al-Farabi, Rhazes, Biruni, al-Masihi
Invloed op Biruni, Omar Khayyám, Averroes, Shahab al-Din Suhrawardi, Tusi, Ibn al-Nafis, Albertus Magnus, Maimonides, Abu 'Ubayd al-Juzjani
Sluit

Sy bekendste werke is Die Boek van Heling, ’n omvattende filosofiese en wetenskaplike ensiklopedie, en Die Kanon van die Geneeskunde,[2] wat in die Middeleeue die standaardhandleiding was aan baie universiteite.[3]

Avicenna word beskou as een van die beroemdste en invloedrykste kenners uit die Islamitiese Goue Era.[4]

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.