Persiese filosoof From Wikipedia, the free encyclopedia
Ibn Sina of Avicenna (Latyn), voluit Abu Ali Al-Hoessein Ibn Abdoellah Ibn Sina (980 - 1037), was ’n Islamitiese medikus, geoloog, paleontoloog, natuurkundige, sielkundige, wiskundige, wetenskaplike en filosoof van Persiese afkoms. Hy het groot bydraes gelewer op die gebied van Aristoteles-filosofie en die geneeskunde, en het honderde verhandelings geskryf, waarvan sowat die helfte nog bestaan. Van dié werke konsentreer sowat 150 op filosofie en 40 op geneeskunde.[1]
Avicenna | |
Die Persiese filosoof Avicenna | |
Geboortenaam | Abū ʿAlī al-Ḥusayn ibn ʿAbd Allāh ibn Al-Hasan ibn Ali ibn Sīnā |
---|---|
Gebore | 18 Junie ca. 980 Afshona, Samanide-ryk |
Oorlede | 16 Augustus 1037 (op 56–57) Hamadan, Kakuyide-ryk |
Vakgebied | Medisyne en aromaterapie Filosofie en logika Kalam in die Islamitiese teologie Wetenskap Poësie |
Bekend vir | Die Boek van Genesing Die Kanon van Geneeskunde |
Beïnvloed deur | Koran, Hippokrates, Aristoteles, Galen, Neoplatonisme, al-Kindi, al-Farabi, Rhazes, Biruni, al-Masihi |
Invloed op | Biruni, Omar Khayyám, Averroes, Shahab al-Din Suhrawardi, Tusi, Ibn al-Nafis, Albertus Magnus, Maimonides, Abu 'Ubayd al-Juzjani |
Sy bekendste werke is Die Boek van Heling, ’n omvattende filosofiese en wetenskaplike ensiklopedie, en Die Kanon van die Geneeskunde,[2] wat in die Middeleeue die standaardhandleiding was aan baie universiteite.[3]
Avicenna word beskou as een van die beroemdste en invloedrykste kenners uit die Islamitiese Goue Era.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.