Die Spirograafnewel, of IC 418, is ’n planetêre newel in die sterrebeeld Haas. Die naam kom van die ingewikkelde patroon van die newel wat lyk soos ’n patroon geskep deur ’n spirograaf, ’n speelding wat geometriese patrone op papier maak.

Kitsfeite
Spirograafnewel
Thumb
Die Hubble-ruimteteleskoop se foto van die Spirograafnewel.
Soort newelPlanetêre newel
SterrebeeldHaas
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming05h 27m 28.2037s[1]
Deklinasie-12° 41 50.265[1]
Skynmagnitude (m)9,6[1]
Besonderhede
Afstand (ligjaar)3 600
Skynbare grootte0,3 ligjaar breed
Ander name
IC 418
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde
Sluit

Geskiedenis

Die Spirograafnewel was waarskynlik net ’n paar miljoen jaar gelede nog ’n rooireusester. Sy kernbrandstof het intussen opgeraak en die buitenste lae het wegbeweeg van die warm, klein kern wat ’n witdwerg sal word.

Die newel is sowat 3 600 ligjare van die Aarde af en is 0,3 ligjaar breed.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.