chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Hidraat is 'n chemiese verbinding wat die reaksieproduk van 'n ander verbinding met water is.
Baie soute vorm een of meer hidrate. Die blou kristalle van kopersulfaat wat uit waterige oplossing gevorm word is die pentahidraat CuSO4·5H2O. By verhitting verloor dit water en vorm bokant 100 oC die trihidraat CuSO4·3H2O. Verder verhitting stel die monohidraat CuSO4·H2O vry en uiteindelik die wit anhidraat CuSO4 self.[1]
Kopersulfaat is 'n voorbeeld van 'n regte hidraat. In sy kristalstruktuur kan die watermolekule goed herken word. In die pentahidraat word die Cu2+-ioon deur die suurstofatome van die watermolekule omring. In die anhidraat behoort die suurstofligande aan die sulfaat-ione. Dit verklaar die verskil in kleur.
Baie hidrate verloor hulle kristalwater by verhitting en dit stel hulle anhidrate vry. Kopersulfaat is 'n goeie voorbeeld.
Talle hidrate kan as X·nH2O geskryf word, maar binne hulle struktuur het die watermolekule ander spesies gevorm. 'n Goeie voorbeeld van sulke pseudo-hidrate is As2O5·4H2O wat in werklikheid 2H3AsO4·H2O is: 'n hidraat van arseensuur, nie van arseenoksied nie.[2]:112
'n Groot groep organiese verbindings word koolhidrate genoem. Hulle stoigiometrie kan as Cn·nH2O geskryf word, maar in werkelikheid bevat hulle geen watermolekule nie. Die suurstofatome het 'n kovalente binding met die koolstofatome en is as alkohol-groepe aanwesig.
'n Besondere groep hidrate is die klatrate of gashidrate. Pleks van rondom ione is in hierdie verbindings die watermolekule as 'n deur waterstofbinding gevormde netwerk rondom neutrale molekule aanwesig. Die sentrale molekule kan 'n gas soos metaan verteenwoordig.[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.