From Wikipedia, the free encyclopedia
Hexacorallia is ’n subklas van Anthozoa wat uit sowat 4 300 spesies waterorganismes bestaan wat as poliepe voorkom; hulle het gewoonlik tentakels in veelvoude van ses. Dit sluit al die steenkorale in, waarvan die meeste in kolonies voorkom en koraalriwwe vorm, sowel as al die seeanemone en soantiede, wat geklassifiseer word in ses bestaande ordes.[1]
Hexacorallia | |
---|---|
Die steenkoraal Acropora latistella. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Subklas: | Hexacorallia |
Ordes | |
Sien teks. |
Hexacorallia word beskou as monofileties (met al sy spesies wat van ’n enkele voorsaat afstam); sommige meen egter baie van die huidige ordes is nie. Histories is Ceriantharia en Antipatharia beskou as aparte subklasse met die naam Ceriantipatharia, maar meer onlangse genetiese studies plaas hulle in Hexacorallia, met Ceriantharia as die oudste groep, of basale klade.[1] Daarvolgens is die bestaande ordes:[1]
Hexacorallia |
| |||||||||||||||||||||
’n Paar uitgestorwe ordes is geëien uit hul fossiele kalsiumskelette. Daar word algemeen geglo hulle is nabye voorouers van die moderne Scleractinia en dat hulle in die Paleosoïese Era 541-242 miljoen jaar gelede voorgekom het:[2][3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.