From Wikipedia, the free encyclopedia
Heidelberg is 'n stad in Baden-Württemberg, Duitsland. Teen 2010 was die inwonertal ongeveer 147 000 in die stad se 109 km².
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Baden-Württemberg |
Koördinate | 49°25′N 8°43′E |
Stigting | 1196 (eerste verwysing) |
Stadstatus | 1196 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 108,83 vk km |
Hoogte bo seevlak | 114 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2010) | 147 312[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 1 354/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Eckart Würzner |
Amptelike Webwerf | www.heidelberg.de Geargiveer 11 Januarie 2012 op Wayback Machine |
Heidelberg is langs die Neckarrivier geleë waar dit in die Rynvallei invloei en by die Ryn aansluit in Mannheim.
Heidelberg is op die linkeroewer van die Neckarrivier geleë, begrens deur die berg Königstuhl (568 m) en Gaisberg (375 m). Aan die regteroewer is die Heiligenberg (445 m). Die Neckar sluit ongeveer 22 km wes aan by die Ryn.
Heidelberg is reeds in 1196 die eerste keer beskryf, maar die omgewing was reeds wesenlik langer bewoon: In 1907 is 'n gedeelte van 'n skedel gevind, in Mauer in die omgewing van Heidelberg, van die sogenaamde Homo heidelbergensis wat ongeveer 500 000 jaar oud geskat word. Op die Heiligenberg, wat noord van die Neckar by die stadsdeel Neuenheim geleë is, is tekens van bewoners uit die vroeë steentydperk, die Kelte en die Romeine, gevind.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.