Hartaknoet van Denemarke
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hartaknoet (gebore omstreeks 890 – 940) was ’n legendariese koning van Denemarke. Hy word in bronne genoem die seun van óf ene "Sven" óf die halfmitiese Wiking Sigurd Slang-in-die-oog, wat ’n seun van die legendariese Ragnar Lodbrok was. Sommige historici meen Hartaknoet was ’n kleinseun van Sigurd en nie ’n seun nie.
Hartaknoet | |
---|---|
Koning van Denemarke | |
Periode | 936 – 940 |
Voorganger | Sigtrygg Gnupasson |
Opvolger | Gorm die Oue |
Vader | Sigurd Slang-in-die-Oog |
Moeder | Blaeja |
Gebore | ±890 |
Oorlede | 940 |
Kinders | Gorm die Oue |
Volgens Adam van Bremen is Denemarke deur die Swede onder Olaf en sy twee seuns met geweld oorgeneem[1] en so het die Huis van Olaf in Denemarke ontstaan. Ná Olaf se dood het sy seuns regeer. Hulle is opgevolg deur Sigtrygg.
Volgens Adam het Hartaknoet van "Noordmannië", die land van die "Noordmanne" (waarmee hy dalk óf Noorweë óf Normandië bedoel het), gekom en die jong koning se bewind oorgeneem. Hy het daarna 30 jaar lank regeer. Uit ander bronne lei sommige historici egter af dat Sigtrygg se pa, Gnupa, veel later nog oor minstens ’n deel van Denemarke regeer het.
Adam is die enigste bron wat Hartaknoet noem.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.