Halfmaraton
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Halfmarathon is 'n item wat op pad gehardloop word. Die afstand daarvan is 21.0975 km — die helfte van 'n marathon se afstand.[1] Dit gebeur gewoonlik dat 'n halfmarathon terselfdertyd as 'n marathon en 5 000 meter wedloop plaasvind deurdat amper dieselfde baan met 'n laat wegspring, vroeë voltooiing of kortpaaie gebruik word.
'n Wêreldrekord in die Halfmarathon word amptelik erken deur die International Association of Athletics Federations, of die IAAF.[2][3] Die wêreldrekord vir mans is 57:32, deur Kibiwott Kandie van Kenia opgestel in Desember 2020 in Valencia, Spanje.[4] Vir vroue is die wêreldrekord 1:04:51, wat deur Joyciline Jepkosgei van Kenia op 22 Oktober 2017, ook in Valencia, Spanje opgestel is.[5]
Deelname aan halfmarathons groei stelselmatig sedert 2003,[6] gedeeltelik agv die mededingende afstand wat afgelê word. Dit vereis egter nie dieselfde vlak van oefening as vir 'n volle marathon nie.[6] In 2008 het die tydskrif Running USA berig dat halfmarathons die mees vinniggroeiende vorm van wedloop in atletiek is.[6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.