Die Guadalquivir (Spaans: [gu̯aðalkiˈβiɾ]) is 'n groot suidwes-vloeiende rivier in Spanje. Die rivier, met 'n lengte van 657 km, is die vyfde langste rivier op die Iberiese Skiereiland na die Taag, Ebro, Douro en Guadiana, asook die langste rivier van die Spaanse outonome gewes Andalusië. Die moderne naam van die rivier is van Arabies al-wādi al-kabīr (الوادي الكبير), wat "groot rivier" beteken, ontleen.[1][2]
Guadalquivir | |
---|---|
Die Guadalquivir in Córdoba, Spanje. | |
Die stroomgebied van die Guadalquivir. | |
Oorsprong | Cañada de las Fuentes, Sierra de Cazorla, Andalusië, Spanje |
Monding | Sanlúcar de Barrameda, Cádiz, Spanje Golf van Cadiz (Atlantiese Oseaan) |
Stroomgebied | Spanje |
Lengte | 657 km (408 myl) |
Oorspronghoogte | 1 400 m (4 593 voet) |
Mondinghoogte | 0 m (0 voet) |
Gemiddelde afloop | 164,3 m³/s (5 800 vt/s³) |
Stroomgebiedopp. | 56 978 km² (21 999 myl²) |
Kaart van die Guadalquivir-bekken op die Iberiese Skiereiland. |
Die Guadalquivir ontspring naby Cañada de las Fuentes in die Sierra de Cazorla in die outonome gewes Andalusië van Spanje. Aansluitend vloei die rivier in 'n suidwestelike rigting deur die stede Córdoba en Sevilla, voordat hy by Sanlúcar de Barrameda in die Golf van Cadiz (Atlantiese Oseaan) uitmond.
Geskiedenis
Die antieke naam van die Guadalquivir was Baetis en die Romeinse provinsie Hispania Baetica is na dié rivier genoem. In die Romeinse tydperk was die rivier tot by Córdoba bevaarbaar, maar hede is dit net tot by Sevilla dié geval. Vandag is die Guadalquivir die enigste groot rivier van Spanje, wat bevaarbaar is.
Nadat Quintius Sertorius, 'n Marius-aanhanger, in Lusitania in opstand gekom het, kon hy in 80 v.C. die Romeinse goewerneur L. Fufidas tydens die Slag van die Baetis (Guadalquivir) verslaan.[3]
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.